The Golden Goose Artistry
Manneaand bestellings
Manneaand bestellings
Couldn't load pickup availability
Power of Affies-versameling
Vier die trots, tradisie en broederskap van Afrikaanse Hoër Seunskool met hierdie besonderse versameling oorspronklike waterverfskilderye deur die bekende Suid-Afrikaanse kunstenaar Marius Badenhorst.
Geïnspireer deur die ikoniese Power of Affies, vang hierdie werke die hart van die Affies-ervaring vas – die indrukwekkende skoolgeboue, die oggendbyeenkomste, die krag van saamstaan en die vriendskappe wat ’n leeftyd hou. Elke skildery vertel ’n verhaal van herinneringe, lojaliteit en die unieke gees wat Affies vir geslagte lank kenmerk.
Marius Badenhorst se kenmerkende, los en ekspressiewe waterverfstyl bring beweging, lig en emosie na elke toneel, waardeur elke kunswerk veel meer as ’n afbeelding word – dit word ’n kosbare herinnering.
Elke oorspronklike druk word ongeraam OF professioneel geraam in ’n handgemaakte kiaathout-raam met ’n passe-partout, gereed om vir jare lank geniet te word.
Afleweringstyd : Twee werksweke.
Share
